top of page

Elke kind se veiligheid en gesondheid is vir ons baie belangrik en daarom het ons gekyk na die vereistes en standaarde om die skool vir elke kind 'n veilige omgewing te maak. Die nuwe 'normaal' by El Zera Privaatskool lyk soos volg:

1. Leerders arriveer by die skool.

2. Ouer mag glad nie uit hulle motors uitklim nie.

3. Leerders moet reeds hulle masker aan hȇ die oomblik wat hulle uit die motor uitklim.

4. Leerders beweeg na die inkomstasie waar hulle temperatuur gemeet word.

4.1 Indien 'n leerder se temperatuur bo 38 grade is sal hulle dadelik in issolasie geplaas word waarna die ouers gekontak sal word om die leerder te kom haal, en dadelik hospitaal toe te neem. 

5. Leerder se hande word dan ontsmet.

6. 'n Reeks vrae word aan die leerder gevra om vas te stel of daar enige simptome is wat kommerwekend is.

7. As alles in orde is sal die leerder na sy/haar klas toe beweeg waar 'n onderwyser hulle sal inwag om weer hulle hande te ontsmet.

8. Leerders sal op verskillende tye pouses hou. Hande sal voor en na pouse ontsmet word. Tydens pouses sal die laerskool leerders op spesifieke plekke saam met hulle onderwyser wees.

9. Aan die einde van die dag sal leerders se hande, soos wat hulle die klas verlaat, weer ontsmet word. Die leerders wag vir die ouers op die grasperk waar blokke gemerk is om sosiale distansiëring te verseker. 

10. Leerders moet dadelik in hulle ouer se motor klim om die perseel so spoedig moontlik te verlaat.

11. Klasse en asblikke word gereeld skoongemaak en ontsmet.

12. Geen besoekers sal toegelaat word nie. Ouers wat 'n personeellid wil spreek, moet die skool kontak en 'n afspraak maak. 

Leerders mag nie:

1. Fisiese kontak met enigiemand hȇ nie.

2. Hulle maskers of gesigskerms afhaal nie.

3. Kos of koeldrank onder mekaar deel nie.

4. Skryfbehoeftes, boeke ens. deel nie. 

5. Met enige speelgoed of op klimrame speel nie.

NEEM KENNIS DAT ALLES IN PLEK IS OM SOSIALE DISTANSIËRING TE VERSEKER.

IMG-20200531-WA0016.jpg
IMG-20200531-WA0014.jpg
IMG-20200531-WA0015.jpg
IMG-20200531-WA0013.jpg
IMG-20200531-WA0012.jpg
IMG-20200531-WA0009.jpg
IMG-20200531-WA0010.jpg
IMG-20200531-WA0011.jpg
IMG_20200529_125048.jpg
bottom of page